Pearson-Redenaars Tops

Ons Pearsoniete het die afgelope naweek uitstekend gevaar by die semi-finale ronde van die ATKV-redenaars-& debatkompetisie in George!

*Jani Gerber WEN die GRAAD 10-12 HUISTAALafdeling!

*Carla de Klerk WEN die GRAAD 10-12 EATafdeling!

Jani en Carla verteenwoordig nou die Oos-, Suid-Kaap & Grenssteeek in Augustus by NASIONAAL in Rodepoort. Puik!

Jani Gerber en Lara van Heerden het ook hul debat teen Gill College gewen en ons juniorspan, Kirsren Bester, Maneesha Roberts en Mieke Mulder, het ook teen Hoƫrskool Despatch gewen.

Ons is baie trots op ons Pearsoniete!